Reklame-agentskap

'n Reklame-agentskap is 'n diensmaatskappy wat advertensies skep, beplan en bestuur namens kliënte. Die advertensies kan verskeie vorms aanneem en dit kan ook 'n reeks advertensies behels, 'n reklameveldtog. Die reklame-agentskap is onafhanklik van die kliënt en neem 'n buitestaander se oogpunt aan in die poging om die kliënt se produkte of dienste te verkoop. 'n Agentskap kan ook oorkoepelende bemarkingstrategieë, handelsmerkstrategieë en promosies namens kliënte hanteer.

Tipiese reklame-agentskappe sluit besighede en korporasies, maatskappye sonder winsoogmerk, en regeringsagentskappe in. Reklame-agentskappe wissel van klein bedrywe met een of twee mense in diens tot groot multinasionale, multiagentskap konglomerate soos Omnicom Group, WPP Group, Interpublic Group of Companies en Havas.

Sommige agentskappe spesialiseer in spesifieke soort advertensies, soos byvoorbeeld gedrukte advertensies of televisie-advertensies. Ander agentskappe, veral die groteres, lewer werk vir 'n verskeidenheid media. In die laasgenoemde geval, skep die agentskap geïntegreerde markkommunikasie, of oor-die-lyn reklame. Die "lyn" is die tradisionele merker tussen media wat tradisioneel kommissie aan die agentskap betaal en media wat geen kommissie aan die agentskap betaal nie.

Deesdae klassifiseer sommige mense firmas wat soekenjinbemarking en soekenjinoptimering doen as "agentskappe" omdat hulle media skep. Studies dui daarop dat hierdie soort bemarking tydskrifadvertensies sal oortref binne die volgende 3 tot 5 jaar.

Nie alle reklame word deur agentskappe geskep nie. Sommige maatskappy skep hulle eie reklame; hulle werk intern.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search